NUUSFLITS

Bulletin, Suider Afrika se mees dinamiese aanlyn-nuusplatform vir radio stasies, het die leisels by Nuusflits oorgeneem om selfs meer te bied aan kliënte wat vars, akkurate en bekostigbare nuusstories benodig. Ná 25 jaar word NuusFlits nou onder die vaandel van Bulletin aangebied en vorm dit deel van Bulletin se virtuele nuuskantoor wat op intekening-grondslag bedryf word. Die skuif bring ‘n nuusspan van ervare joernaliste en redakteurs byeen wat gesamentlik meer as 200 jaar se ondervinding op die kerfstok het.Bulletin se kliënte kan hulle eie nuus kies. Dit beteken dat nuuslesers of aanbieders stories een-vir-een vanuit verskillende kategorieë kan kies om so ʼn pasgemaakte bulletin saam te stel deur net ʼn paar keer te klik. Onderhoude met nuusmakers word ook sorgvuldig verwerk tot klankgrepe wat lewe gee aan elke bulletin.Nuusflits voorsien steeds voorafopgestelde bulletins, met klankgrepe, aan hoofsaaklik gemeenskapsradiostasies.Nuwe en tersaaklike stories word daagliks op die Bulletin-platform gelaai. Vandaar kan kliënte kies en keur uit kategorieë soos Plaaslik, Nasionaal, Internasionaal, Sport, Sake, Landbou, en Goeie Nuus om hulle eie bulletins saam te stel. Die Oggend-voorbladverslag wat die land se belangrikste koerantvoorblaaie in ʼn neutedop opsom is ook beskikbaar.Bulletin is vanaf Februarie propvol Afrikaanse en Engelse radionuus beskikbaar aan stasies in die Suidelike Afrika. Nuus in Afrika-tale sal later die jaar aangebied word. Stasies wat elke dag geredigeerde radionuusberigte verlang of hulp nodig het wanneer die nuusspan nie by alles uitkom nie, kan nou letterlik op Bulletin se knoppie druk. Die benutting van die volledige platform kan ʼn reusebesparing van oorhoofse kostes inhou. Nuusbulletins wat vooraf opgeneem is sal ook in die toekoms beskikbaar wees met die klik van ʼn muis. Die Bulletin-span is gereed om een van die allerbelangrikste afsprake wat ʼn radiostasie met sy luisteraars het te versorg.

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP SE NUUS IS PASGEMAAK VIR RADIO

  • NuusFlits Nuusagentsakap is in 1995 gestig en het vinnig die gewildste en die mees betroubare verskaffer van radionuus geword.
  • Ons lewer 7 dae per week omvattende nuus en bulletins wat gereed om te lees is. 
  • Ons maak slegs gebruik van ervare joernaliste en redakteurs om te verseker dat ons bulletins akkuraat, vars en maklik leesbaar op lug is.
  • Ons bulletins bevat noukeurig vervaardigde klankgrepe om luisteraars se aandag te trek en te behou.
  • Ons dek politiek, sake, bewaring, stories van menslike belang, internasionale nuus en nog meer, met ‘n spesiale fokus op die nuutste sportnuus, en hou deurentyd ons ondersteuners op hoogte van sake.
  • NuusFlits-kliënte word aangemoedig om bulletins aan te pas en om hul eie nuusstories by te voeg, wat in ooreenstemming met hulle luisteraars se belange is.
  • Belangrike nuus behoort nie op geskeduleerde nuusbulletins te wag nie, daarom word stasies deur middel van “nuusflitse” ingelig oor stories wat pas gebeur het.

Kontak Ons

Editor in Chief Jo Lennox Goodenough jo@bulletin.co.za
General Manager Debbie Oosthuizen debbie@bulletin.co.za

KLIËNTE NEEM KENNIS:

NuusFlits het nou ‘migreer’ na www.bulletin.co.za. As u om enige rede nog nie in besit is van u nuwe aanmeld-besonderhede nie, bel asb vir Debbie op 0861 4666 44 of WhatsApp haar op 0820756158.

Jongste Bulletins

NuusFlits Bulletintye