Nuus 18:00

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 Maart 6 nm

Jy luister na …………… Dit is nou ………… Ek is ……………….. met die nuus
In die bulletin:
# Die Oos-Kaapse regering is bekommerd oor die tekort aan toetssentrums vir die koronavirus
# Die DA striem Nehawu oor werkers se moontlike blootstelling aan die virus
# En die Nasionale Verbruikerskommissie loods ’n tolvrye nommer vir klagtes oor onregverdige prysstygings

# Die Oos-Kaapse regering sê die tekort aan toetssentrums vir die koronavirus in die provinsie laat pasiënte sowat 48 uur wag voordat hulle uitslae kry. Die enigste drie sentrums in die provinsie waar toetse gedoen word, is die Frere Hospitaal in Oos-Londen, die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal in Mthatha en die Livingstone Hospitaal in Port Elizabeth. Die provinsiale Gesondheidsdepartement sê die vereiste voorkomende en veiligheidsmaatreëls is ingestel, maar die tekort aan toetssentrums wek kommer.

# Die DA sê hy het die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die minister van die Staatsdiens en Administrasie, Senzo Mchunu, genader oor die vakbond Nehawu se plan om werkers doelbewus aan die koronavirus bloot te stel. Dit volg nadat die vakbond aangedui het dat hy aan die einde van die maand sal voortgaan met sy betoging nadat die nasionale mynwerkersvakbond, NUM, dit gekanselleer het. Die party sê hy is in gesprek met prokureurs om te keer dat die betoging voortgaan, want 20 duisend werkers beplan om daaraan deel te neem en sal aan die virus blootgestel word.

# Sokker: Die opskorting van wedstryde weens die koronavirus het die sokkergemeenskap swaar getref en sommige klubs en spelers se sakke word geraak. Die voormalige middelveldspeler van Arsenal, Alex Song, is een van die Afrika-spelers wie se kontrakte beëindig is. Dieselfde lot het die 2015 AFCON-wenner, Seydou Doumbia, getref. Die Barnet-klub in Brittanje het ook personeel wat nie speel nie, laat gaan. Volgens berigte hersien sommige klubs die vergoeding van hulle ster-spelers.

Die Engelse sokkerspan Manchester United se uitvoerende visepresident, Ed Woodward, het die klub se tydelike werkers egter verseker het dat hulle steeds betaal sal word ondanks wedstryde wat gekanselleer is. Hy het die tydelike werkers in ‘n verklaring geprys vir die skitterende werk wat hulle in goeie tye gedoen het en bygevoeg dat die betaling die werkers gemoedsrus sal gee in hierdie moeilike tyd. Die Engelse sokkerliga het alle wedstryde tot die einde van April opgeskort.

# Finansiële aanwysers … Die rand verhandel teen 17 rand-38 sent teen die dollar, 18 rand-64 sent teen die euro en 20 rand-62 sent teen die pond. Goud verkoop tans vir duisend-492 dollar-70 sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 29 dollar-95 sent per vat

# En ten slotte: Die Nasionale Verbruikerskommissie het ‘n tolvrye nommer geloods sodat verbruikers ongeregverdigde prysstygings kan aanmeld. Dit volg nadat toiletpapier en noodsaaklike produkte se pryse die hoogte in geskiet het na aanleiding van die koronavirus-pandemie. Die nommer is 0800 014 880.

Dit is die einde van hierdie bulletin. Ons volgende nuusuitsending volg om…




Nuus 17:00

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 Maart 5 nm

Jy luister na …………… Dit is nou ………… Ek is ……………….. met die nuus
In die bulletin:
# Die SAL kanselleer alle internasionale vlugte
# Miljoene rand se perlemoen in regeringsbesit kry oor die jare voete
# En ’n afgetrede Ugandese generaal beland agter tralies weens hoogverraad

# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het alle internasionale vlugte tot einde Mei afgestel. Woordvoerder Tlali Tlali het aan die media gesê die lugredery sukkel om sy vliegtuie vol te kry weens reisbeperkings wat regerings oral in die wêreld ingestel het, insluitend Suid-Afrika:

Speel klankgreep: ENG TlaliOnFlightCancellation

# Frankryk se grootste lugredery, Air France, sê vlugte vanaf Johannesburg en Kaapstad na Parys gaan voort, ondanks Frankryk wat tans nasionaal afgesluit is as gevolg van die koronavirus-uitbraak. Die lugdiens is gedwing om af te skaal en sommige van sy vlugte na ander lande te staak. Die bestuur gee die versekering dat sy vennoot-lugredery, KLM, se skedule vir Suid-Afrika vir die afsienbare toekoms sal bly soos dit tans is.

# Die minister van die Omgewing, Bosbou en Visserye, Barbara Creecey, sê 40 miljoen rand se perlemoen het oor nege jaar uit die bergingsgeriewe van die regering verdwyn. Sy het in vraetyd in die Parlement gesê slegs 73 ton van die meer as 600 ton perlemoen wat die polisie sedert 2011 by stropers afgeneem is, kon aan visverwerkingaanlegte opgeveil word. Drie amptenare is reeds vir diefstal en bedrog in hegtenis geneem. Geslotebaantelevisie en ‘n alarmstelsel is sedertdien by die bergingsgerief aangebring.

# Uganda se voormalige minister van Veiligheid en gewese presidentskandidaat, Henry Tumukunde, sal twee weke agter tralies deurbring nadat hy aan hoogverraad en die besit van onwettige wapens skuldig bevind is. Dit volg nadat die polisie en spesiale magte vroeër die maand in die 60-jarige afgetrede generaal se huis beslag gelê het op ’n aangepaste AK47-geweer en 34 rondes ammunisie. Volgens die polisie hou Tumukunde se inhegtenisneming verband met opmerkings wat hy op radio en televisie gemaak het waar hy ’n beroep doen op Rwanda om Uganda se president, Yoweri Museveni, uit die kussings te lig.

# Sokker: Die opskorting van wedstryde weens die koronavirus het die sokkergemeenskap swaar getref en sommige klubs en spelers se sakke word geraak. Die voormalige middelveldspeler van Arsenal, Alex Song, is een van die Afrika-spelers wie se kontrakte beëindig is. Dieselfde lot het die 2015 AFCON-wenner, Seydou Doumbia, getref. Die Barnet-klub in Brittanje het ook personeel wat nie speel nie, laat gaan. Volgens berigte hersien sommige klubs die vergoeding van hulle ster-spelers.

# En finansiële aanwysers … Die rand verhandel teen 17 rand-44 sent teen die dollar, 18 rand-66 sent teen die euro en 20 rand-51 sent teen die pond. Goud verkoop tans vir duisend-487 dollar-20 sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 29 dollar-95 sent per vat

Dit is die einde van hierdie bulletin. Ons volgende nuusuitsending volg om…




Nuus 16:00

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 Maart 4 nm

Jy luister na …………… Dit is nou ………… Ek is ……………….. met die nuus
In die bulletin:
# Geen buitelanders word meer in Suid-Afrika toegelaat nie
# Londen kan teen die naweek onder kwarantyn geplaas wees
# En Australië se Superspanne kondig ’n plaaslike reeks aan

# Die Suid-Afrikaanse regering se reisverbod op burgers van tien lande het in werking getree. Die lande, soos Switserland, word beskou as ‘n hoë risiko vir die koronavirus. ‘n Werknemer by die OR Tambo- internasionale lughawe in Gauteng, Dimakatso Mokibe, sê geen buitelanders word van vandag af meer in Suid-Afrika toegelaat nie:

Speel klankgreep: ENG-Dimakatso

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het vroeër bevestig dat daar nou altesaam 202 gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika is. Gauteng het ‘n bykomende 33 gevalle, die Wes-Kaap elf en KwaZulu-Natal een, terwyl die Vrystaat sy eerste sewe gevalle bevestig het. Mkhize het die media in Bloemfontein toegespreek en gesê dat die virus nog vir ‘n geruime tyd hier sal wees:

Speel klankgreep: ENG MkhizeOnVirus

# Die Britse regering sê hy is besig met planne om sakeondernemings in Londen te sluit om die vinnige verspreiding van die koronavirus te beperk. Dit volg nadat ’n wetsontwerp dié week in die parlement goedgekeur is wat die regering die mag gee om teen die virus op te tree. Die eerste minister, Boris Johnson, sê die wetsontwerp kan daartoe lei dat skole, restaurante en ander openbare plekke gesluit word. Dit kan teen die naweek ook ’n beperking plaas op die gebruik van openbare vervoer. Slegs apteke of supermarkte sal oop wees, maar onder toesig van die polisie.

Brittanje het intussen afgetrede verpleegkundiges en dokters gesmeek om te help in hospitale terwyl die koronavirus-pandemie steeds uitkring. Die land se mediese hoof, Ruth May, sê die huidige gesondheids-personeel word oorlaai weens die groot aantal mense wat sorg nodig het. Die minister van Gesondheid het in ‘n ongekende stap ook planne bekend gemaak om finalejaar-mediese studente te ontplooi om te help.

# Rugby: Australië se vier Super-spanne het besluit om vanaf volgende maand ‘n binnelandse kompetisie agter geslote deure te hou nadat die reeks weens die koronavirus opgeskort is. Western Force, wat vroeë uit die Superreeks gelaat is, gaan ook deelneem terwyl die ander span in die Australiese konferensie, die Sunwolves, teruggekeer het na Japan. Die hoof van Rugby Australië, Raelene Castle, sê die kompetisie sal van 3 April plaasvind in ‘n rondomtalie-formaat van tuis- en wegkragmetings.

# En finansiële aanwysers … Die rand verhandel teen 17 rand-32 sent teen die dollar, 18 rand-59 sent teen die euro en 20 rand-42 sent teen die pond. Goud verkoop tans vir duisend-495 dollar-10 sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 29 dollar-95 sent per vat

Dit is die einde van hierdie bulletin. Ons volgende nuusuitsending volg om…




Nuus 15:00

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 Maart 3 nm

Jy luister na …………… Dit is nou ………… Ek is ……………….. met die nuus
In die bulletin:
# COVID-19-getalle in SA neem toe tot 202
# Vervoervakbond vra dat treindienste gestaak word
# En die oudste bekende voël-familielid word ontdek

# Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het bevestig dat daar nou altesaam 202 gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika is. Gauteng het ‘n bykomende 33 gevalle, die Wes-Kaap elf en KwaZulu-Natal een, terwyl die Vrystaat sy eerste sewe gevalle bevestig het. Mkhize het die media in Bloemfontein toegespreek en gesê dat die virus nog vir ‘n geruime tyd hier sal wees:

Speel klankgreep: ENG MkhizeOnVirus

# Die vervoervakbond Untu doen ‘n beroep op die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, om treindienste tot die 14de van volgende maand op te skort, om die verspreiding van die koronavirus te bekamp. Die organisasie se hoofsekretaris, Steve Harris, sê daar is gedurende spitstye tussen 300 en 400 pendelaars in die treinwaens, wat ‘n skending van die regering se verbod op byeenkomste van meer as 100 mense is. Harris sê dit is onmoontlik om sosiale afstand op treine toe te pas:

Speel klankgreep: ENG HarrisOnTrains

# MTN het aangekondig dat hy volgende maand datapryse gaan verlaag in ooreenstemming met aanbevelings van die Mededingingskommissie. Die uitvoerende hoof, Godfrey Motsa, het aangekondig dat 1 gigagreep voorafbetaalde maandelikse bondel nou 25 tot 50 persent minder sal kos, terwyl ‘n maandelikse bondel van 1 gigagreep 99 rand sal kos, wat 33 persent minder is. Motsa sê hulle sal nie net pryse verlaag nie, maar ook verseker dat hulle kliënte gratis data kry.

Speel klank: ENG-GodfreyMotsaDataCuts

# Rugby: Australië se vier Super-spanne het besluit om vanaf volgende maand ‘n binnelandse kompetisie agter geslote deure te hou nadat die reeks weens die koronavirus opgeskort is. Western Force, wat vroeë uit die Superreeks gelaat is, gaan ook deelneem terwyl die ander span in die Australiese konferensie, die Sunwolves, teruggekeer het na Japan. Die hoof van Rugby Australië, Raelene Castle, sê die kompetisie sal van 3 April plaasvind in ‘n rondomtalie-formaat van tuis- en wegkragmetings.

# Finansiële aanwysers … Die rand verhandel teen 17 rand-35 sent teen die dollar, 18 rand-59 sent teen die euro en 20 rand-35 sent teen die pond. Goud verkoop tans vir duisend-502 dollar-94 sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 29 dollar-95 sent per vat.

# Britse navorsers het moontlik die oudste bekende voëlverwante spesie ontdek. Die byna volledige fossiel van ‘n voëlskedel wat aan die Nederlands-Belgiese grens gevind is, kan die voorvader van elke hoender wees. Die unieke fossiel dateer uit ongeveer 67 miljoen jaar gelede en gee ‘n blik op die begin van moderne voëls. Daniel Field van die Universiteit van Cambridge sê hulle noem die fossiel wonderhoender.

Dit is die einde van hierdie bulletin. Ons volgende nuusuitsending volg om…




Nuus 13:00

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 Maart 1 nm

Jy luister na …………… Dit is nou ………… Ek is ……………….. met die nuus
In die bulletin:

# Die Tesourie reik ‘n opdrag aan staatsinstellings uit oor verkryging te midde van die koronavirus
# Vier verkragters en moordenaars word in Indië tereggestel
# En die hoender se voorvader is moontlik in Europa ontdek

# Die nasionale Tesourie het ‘n opdrag aan staatsdepartemente, munisipaliteite en ander instellings uitgereik om die verkryging van goedere en gebruiksartikels te versnel wat vereis word om die verspreiding van die koronavirus te help verminder. Die doel is om eenvormigheid onder staatsinstellings te bereik. Die Tesourie sê die opdrag bevat ook ‘n lys van die prys van goedere en gebruiksartkels in ‘n poging om te verhoed dat dit kunsmatig opgejaag word.

# Huisgesinne sal binnekort die finansiële invloed van die koronavirus begin voel, volgens FNB se programbestuurder, Dhashni Naidoo. Human Rights Watch glo dat die pandemie wêreldwyd die armstes sal beïnvloed. Naidoo sê dit is belangrik dat mense hulle uitgawes beplan, besluit watter besteding moet voorkeur kry, skuld bestuur, hulpbronne spaarsaam gebruik en gedissiplineerd wees om by die plan te hou.

Speel klankgreep: ENG NaidooOnHouseholds

#  Vier mans is vanoggend in Indië tereggestel vir die groepsverkragting en moord op ‘n vrou op ‘n bus in Delhi in 2012. Die aanval het landwye betogings en internasionale afgryse tot gevolg gehad. Dit is  die eerste keer sedert 2015 dat die doodstraf in die land toegepas word. Die howe het die verhoor bespoedig en die doodsvonnisse versnel.

# Rugby: Die PRO14-seisoen is nou onbepaald opgeskort weens die koronavirus-pandemie. Die  Celtic Rugby DAC raad sê geen besluit rakende ‘n besliste hervattingsdatum kan geneem word tot daar nie voldoen is aan vier sleutelkriteria nie. Dit behels dat owerhede ophou om die hervatting van sport en groepsopleiding te verbied, reisbeperkings tussen gebiede opgehef word, geen gedwonge isolasie of kwarantynbevele geld nie en dat die spelers se welstand beskerm word.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17 Rand-31 sent teen die dollar, 18 rand-58 sent teen die euro en 20 rand-36 sent teen die pond. Goud verkoop tans vir een duisend-507 dollar-13 sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 29 dollar-95 sent per vat.

# En Britse navorsers het moontlik die oudste bekende voëlverwante spesie ontdek. Die byna volledige fossiel van ‘n voëlskedel wat op die grens tussen Nederland en België gevind is, kan die voorvader van elke hoender wees. Die unieke fossiel dateer uit ongeveer 67 miljoen jaar gelede en gee ‘n blik op die begin van moderne voëls. Daniel Field van die Universiteit van Cambridge sê hulle noem die fossiel wonderhoender.

Dit is die einde van hierdie bulletin. Ons volgende nuusuitsending volg om…




Nuus 11:00

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 Maart 11 vm
Jy luister na …………… Dit is nou ………… Ek is ……………….. met die nuus
In die bulletin:
# Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê die koronavirus-pandemie bied ‘n geleentheid om rompslomp te troef
# Sanef maan teen die algemene toepassing van die regulasie oor fopnuus
# En, Kalifornië in die VSA reik ook ‘n tuisbly-bevel teen die virus uit

# Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê die uitdaging van die koronavirus-pandemie kan ‘n geleentheid bied om die koste van sake doen te verlaag deur die uitskakeling van administratiewe rompslomp. Opnames toon dat 40-persent van die hindernisse vir kleinsake-groei  deur regeringsregulasies veroorsaak word. Die Kamer se president, Geoff Jacobs, sê die versnelling en vereenvoudiging van permitaansoeke en registrasies behoort net so belangrik te wees as die beskerming van openbare gesondheid:

Speel klankgreep: ENG-JacobsOnBusinesses

# Die nasionale redakteursforum sê die regering se streng nuwe regulasies teen mense wat fopnuus oor die korona-pandemie versprei, moet tot die pandemie beperk word. Sanef wys daarop dat die regulasies die eerste in demokratiese Suid-Afrika is wat disinformasie kriminaliseer. Alhoewel dit die verspreiding van verkeerde inligting en die moontlike verwoestende gevolge daarvan beperk, bly Sanef bekommerd oor ‘n moontlike langtermyn gevaarlike presedent.

# Eskom se direksie het ‘n regsspan aangestel om ondersoek in te stel na die bewerings van korrupsie en viktimisering teen die bedryfshoof, Jan Oberholzer. Die kragvoorsiener het korrespondensie van Corruption Watch en die vakbondfederasie Saftu oor die aantygings ontvang. Eskom se woordvoorder, Sikonathi Mantshantsha, sê die direksie meen dat die besluit in die beste belang van die kragvoorsiener en beide klaers is:

Speel klankgreep: ENG-MantshantshaOnInquiry

# Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, het ‘n tuisbly-staatsbevel uitgereik in ‘n poging om die koronaviruspandemie te beveg. Daar is reeds 205 lewens in die VSA geëis en meer as 14 duisend mense is besmet. Newsom sê volgens die bevel kan die bykans 40-miljoen inwoners slegs hul huise verlaat om kruideniersware of medisyne te koop, om met ‘n hond te gaan stap of vir oefening. Hy het voorspel dat ongeveer 56-persent van die staat se bevolking oor ‘n agt weke tydperk met die virus besmet sal wees.

# Rugby: Die PRO14-seisoen is nou onbepaald opgeskort weens die koronavirus-pandemie. Die  Celtic Rugby DAC raad sê geen besluit rakende ‘n definitiewe her-aanvangsdatum kan geneem word, totdat vier sleutel kriteria nie binne die onderskeie mededingende gebiede aan voldoen is nie. Dit is dat owerhede vir openbare gesondheid ophou om die hervatting van sport en groepsopleiding te verbied, reisbeperkings tussen gebiede opgehef word, geen gedwonge isolasie of kwarantynbevele geld nie en dat die spelers se welstand beskerm word.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-29-sent teen die dollar, 18-rand-64-sent teen die euro en 20-rand-32-sent teen die pond. Goud verkoop tans vir duisend-504-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 29-dollar-55-sent per vat.

Dit is die einde van hierdie bulletin. Ons volgende nuusuitsending volg om…




Nuus 09:00

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 Maart 9 vm
Jy luister na …………… Dit is nou ………… Ek is ……………….. met die nuus
In die bulletin:
# ‘n Brandende Wes-Kaapse trein gered deur die vinnige optrede van die personeel
# Die verlaging in die terugkoopkoers is goeie nuus vir Suid-Afrikaners
# En, Prins Albert van Monaco doen die koronavirus op

# Die vinnige optrede van personeel van ‘n trein op pad na Muldersvlei, Kaapstad, het daartoe gelei dat ‘n brandende wa by Eersterivierstasie van die res van die trein geskei kon word. Ooggetuies het drie verdagtes uit die wa sien spring nadat dit aan die brand geslaan het. Die woordvoerder van die Stad Kaapstad se Brandweer- en Reddingsdienste, Jermaine Carelse, sê brandweerspanne van Mfuleni, Kuilsrivier en Belhar kon die brand blus:

Speel klankgreep: ENG-FIN-JermaineCarelseonEersteriverFire

# Eskom se direksie het ‘n regsspan aangestel om ondersoek in te stel na die bewerings van korrupsie en viktimisering teen die bedryfshoof, Jan Oberholzer. Die kragvoorsiener het korrespondensie van Corruption Watch en die vakbondfederasie Saftu oor die aantygings ontvang. Eskom se woordvoorder, Sikonathi Mantshantsha, sê die direksie meen dat die besluit in die beste belang van die kragvoorsiener en beide klaers is:

Speel klankgreep: ENG-MantshantshaOnInquiry

# Die landbou-ekonoom Dawie Maree sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die repokoers met ‘n volle persentasiepunt te verlaag, is goeie nuus vir verbruikers en landbouprodusente. Die koers staan nou op vyf-komma-25-persent. Maree sê produsente het die afgelope paar jaar moeilike landboutoestande ervaar en dat verbruikers ook tans die ekonomiese druk voel:

Speel klankgreep: AFR-MareeOnMoney

# Krieket: Die Indiese legende Sachin Tendulkar het die stryd teen die koronavirus-pandemie met toetskrieket vergelyk. Hy moedig mense aan om te fokus op geduld en spanwerk en waarsku dat almal goed moet verdedig. Tendular word in The Times of India aangehaal waar hy sê dat lesse geleer kan word uit wat hy die imposante ou formaat van die spel noem. Die 46-jarige het in 2013 uitgetree nadat hy in 200 toetse, 15-duisend-921 lopies aangeteken het, en het steeds ‘n aansienlike  invloed op die Indiese samelewing.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-34-sent teen die dollar, 18-rand-63-sent teen die euro en 20-rand-20-sent teen die pond. Goud verkoop tans vir duisend-484-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 29-dollar-95-sent per vat.

# En ten slotte: Prins Albert van Monaco het positief vir die koronavirus getoets. Die paleis sê die 62-jarige staatshoof van die prinsdom werk steeds van sy woonstel af en sy gesondheidstoestand is nie rede tot kommer nie. Sy vrou, die voormalige Suid-Afrikaner Charlene, prinses van Monaco, en hul tweeling, prinses Gabriella en prins Jacques, se gesondheidstoestand word nie genoem nie. Albert word deur sy dokter en spesialiste van die Princess Grace-hospitaal behandel.

Dit is die einde van hierdie bulletin. Ons volgende nuusuitsending volg om…




Nuushooftrekke 08:30

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 Maart 08:30 vm
Jy luister na …………… Dit is nou …… en hier volg die nuushooftrekke:

# ‘n Wes-Kaapse trein word gered ná die vinnige optrede deur die brandweer
# Sachin Tendulkar vergelyk die stryd teen die koronavirus met ‘n taai toetswedstryd
# En, ‘n Monaco-koninklike toets positief vir die virus

Ons volledige nuusbulletin volg om ……………..




Nuus 08:00

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 Maart 8 vm
Jy luister na …………… Dit is nou ………… Ek is ……………….. met die nuus
In die bulletin:
# Die verlaging van die terugkoopkoers is volgens ‘n ekonoom goeie nuus vir Suid-Afrikaners
# Wrakstukke wat in die see by George opgespoor is hou dalk die sleutel vir die gesinstragedie by Voëlklip laasjaar
# En die Suid-Afrikaanse gholfspeler, Victor Lange, toets postief vir die koronavirus

# Die landbou-ekonoom Dawie Maree sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die repokoers met ‘n volle persentasiepunt te verlaag, is goeie nuus vir verbruikers en landbouprodusente. Die koers staan nou op vyf-komma-25-persent. Maree sê produsente het die afgelope paar jaar moeilike landboutoestande ervaar en dat verbruikers ook tans die ekonomiese druk voel:

Speel klankgreep: AFR-MareeOnMoney

# Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê die aantal bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika sal na verwagting tot meer as 200 styg. Hy het gisteraand die virus met mediese dokters bespreek by die kantoor van die SA Mediese Vereniging in Pretoria. Mkhize sê daar is tans geen entstof teen die virus nie, maar proewe word teen Junie verwag. Hy voeg by dat hulle kyk na die uitbreiding van die toetsbevoegdhede:

Speel klankgreep: ENG-MkhizeOnTesting

Die voorsitter van die SAMV, Angelique Coetzee, sê dis belangrik dat die mediese sektor saamwerk om die virus te bekamp:

Speel klankgreep: ENG-CoetzeeOnPartnership

# Polisiebeamptes van George het wrakstukke uit die see herwin van ‘n voertuig wat deur die operateur van ‘n hommeltuig gesien is by Voëlklip, Heroldsbaai. Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder Malcolm Pojie sê ondersoek word ingestel of dit deel is van die voertuig wat in Oktober verlede jaar met Heidi Scheepers, haar sesjarige dogter en tweejarige seun oor die kranse gestort het. Slegs die liggame van die ma en seun  is gevind.

# Die aantal sterftes aan die koronavirus in Italië staan nou op drie-duisend-405, wat meer as China se totaal is waar die virus laasjaar ontstaan het.  Daar is meer as 220-duisend gevalle van die virus wêreldwyd met meer as nege-duisend sterftes. Die BBC berig dat die afsluiting wat vroeër die maand in Italië ingestel is, verleng is. Die eersteminister, Giuseppe Conte, sê die land sal nie in staat wees om dadelik na die daaglikse lewe soos dit voor die uitbraak was terug te keer nie, selfs al sou die maatreëls beëindig word.

# Gholf: Die Suid-Afrikaanse speler, Victor Lange, het positief getoets vir die koronavirus. Lange is dié week gediagnoseer nadat hy aan die PGA se Latyns-Amerikaanse toernooireeks deelgeneem het. Die 26-jarige is getoets toe hy vanaf Meksiko na Suid-Afrika teruggekeer het. Lange sê hy het geen simptome nie maar is steeds onder kwarantyn en mediese toesig by sy huis in Johannesburg.

# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-46-sent teen die dollar, 19-rand-4-sent teen die euro en 20-rand-6-sent teen die pond. Goud verkoop tans vir duisend-468-dollar-88-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 25-dollar-30-sent per vat.

# En, die Willowton-groep het in vennootskap met Pick n Pay meer as 750-duisend koekies seep geskenk aan jong leerders en uitgesoekte ouetehuise en versorgingsentrums vir verswaktes regoor die land. Die skenking is nagenoeg vyf-miljoen-rand werd en is gerig op die bevordering van hand-higiëne om die verspreiding van die koronavirus te voorkom. Die skole het die seep ontvang voordat hulle Woensdag gesluit het.

Dit is die einde van hierdie bulletin. Ons volgende nuusuitsending volg om…




Nuushooftrekke 07:30

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 Maart 07:30 vm
Jy luister na …………… Dit is nou …… en hier volg die nuushooftrekke:

# ‘n Ekonoom sê die verlaging van die terugkoopkoers is goeie nuus vir verbruikers en die landbousektor
# Zweli Mkhize sê die aantal gevalle van Covid-19 kan tot meer as 200 in die land styg
# En, oud en jonk ontvang meer as 750-duisend koekies seep

Ons volledige nuusbulletin volg om ……………..