image_print

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 Maart 3 nm

Jy luister na …………… Dit is nou ………… Ek is ……………….. met die nuus
In die bulletin:
# COVID-19-getalle in SA neem toe tot 202
# Vervoervakbond vra dat treindienste gestaak word
# En die oudste bekende voël-familielid word ontdek

# Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het bevestig dat daar nou altesaam 202 gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika is. Gauteng het ‘n bykomende 33 gevalle, die Wes-Kaap elf en KwaZulu-Natal een, terwyl die Vrystaat sy eerste sewe gevalle bevestig het. Mkhize het die media in Bloemfontein toegespreek en gesê dat die virus nog vir ‘n geruime tyd hier sal wees:

Speel klankgreep: ENG MkhizeOnVirus

# Die vervoervakbond Untu doen ‘n beroep op die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, om treindienste tot die 14de van volgende maand op te skort, om die verspreiding van die koronavirus te bekamp. Die organisasie se hoofsekretaris, Steve Harris, sê daar is gedurende spitstye tussen 300 en 400 pendelaars in die treinwaens, wat ‘n skending van die regering se verbod op byeenkomste van meer as 100 mense is. Harris sê dit is onmoontlik om sosiale afstand op treine toe te pas:

Speel klankgreep: ENG HarrisOnTrains

# MTN het aangekondig dat hy volgende maand datapryse gaan verlaag in ooreenstemming met aanbevelings van die Mededingingskommissie. Die uitvoerende hoof, Godfrey Motsa, het aangekondig dat 1 gigagreep voorafbetaalde maandelikse bondel nou 25 tot 50 persent minder sal kos, terwyl ‘n maandelikse bondel van 1 gigagreep 99 rand sal kos, wat 33 persent minder is. Motsa sê hulle sal nie net pryse verlaag nie, maar ook verseker dat hulle kliënte gratis data kry.

Speel klank: ENG-GodfreyMotsaDataCuts

# Rugby: Australië se vier Super-spanne het besluit om vanaf volgende maand ‘n binnelandse kompetisie agter geslote deure te hou nadat die reeks weens die koronavirus opgeskort is. Western Force, wat vroeë uit die Superreeks gelaat is, gaan ook deelneem terwyl die ander span in die Australiese konferensie, die Sunwolves, teruggekeer het na Japan. Die hoof van Rugby Australië, Raelene Castle, sê die kompetisie sal van 3 April plaasvind in ‘n rondomtalie-formaat van tuis- en wegkragmetings.

# Finansiële aanwysers … Die rand verhandel teen 17 rand-35 sent teen die dollar, 18 rand-59 sent teen die euro en 20 rand-35 sent teen die pond. Goud verkoop tans vir duisend-502 dollar-94 sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 29 dollar-95 sent per vat.

# Britse navorsers het moontlik die oudste bekende voëlverwante spesie ontdek. Die byna volledige fossiel van ‘n voëlskedel wat aan die Nederlands-Belgiese grens gevind is, kan die voorvader van elke hoender wees. Die unieke fossiel dateer uit ongeveer 67 miljoen jaar gelede en gee ‘n blik op die begin van moderne voëls. Daniel Field van die Universiteit van Cambridge sê hulle noem die fossiel wonderhoender.

Dit is die einde van hierdie bulletin. Ons volgende nuusuitsending volg om…