NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP SPESIALISEER IN RADIONUUS

  • NuusFlits het in 1995 tot stand gekom en het Suid-Afrikaanse radiostasies se gewildste keuse geword. Ons voorsien nuus aan ‘n gesamentlike gehoor van meer as 4 miljoen luisteraars. NuusFlits se nuusdiens word gekenmerk deur die feit dat ons net ervare joernaliste gebruik. Dit verseker dat bulletins akkuraat en vars is, ook lekker lees.
  • Ons nuusbulletins is daarop gemik om radiostasies se taak te vergemaklik en nuus ‘n plesier te maak. Volledige nuusbulletins met klankgrepe word voorsien. Die nuusleser moet dit bloot lees en op die klankgrepe klik om te speel. Kontak NuusFlits vir ‘n gratis een week proeflopie.
  • NuusFlits hou luisteraars ingelig oor die politiek, sakenuus, mense en diere stories, natuurbewaring, internasionale nuus, ens. Ons gereelde bulletins sluit al die jongste sportnuus in. Op Saterdae is daar 6 bulletins wat oor die dag se jongste sportnuus verslag doen, tot 6nm. Kliëntstasies word aangemoedig om ons bulletins aan te pas en hulle eie nuus by te sit.
  • Ons produseer sewe dae per week nuusbulletins. Groot nuus moenie op die rak sit nie en word tussen bulletins as “nuusflitse” uitgestuur.
  • NuusFlits produseer radionuus teen ‘n heelwat laer prys as wat enige enkele radiostasie of nuuskantoor kan.
  • NuusFlits bied elke weekdagoggend uitsluitlik aan sy Afrikaanse kliënte ‘n Opsomming van Koerantopskrifte. Dit is ‘n omvattende verslag van die oggend se hoofopskrifte en voorbladstories in Suid-Afrika en Namibië se vernaamste koerante. Die verslag word deur die ervare joernalis Peet Bothma saamgestel, onder meer voorheen Nuusredakteur van Beeld.

Kontak ons

vir ‘n gratis proeflopie..

Stuur ‘n epos aan editor@newsflash.co.za

Kliënte kan die Redakteur op Diens bel by 0861 4666 44

Kliënte let wel: as u nie kan inteken nie, kontak asb. die Bulletin Redakteur by 0861 4666 44

Jongste Bulletins

NuusFlits Bulletintye

Maandag tot Vrydag Saterdae Sondae en Openbare Vakansiedae
7 VM
8 VM
8 VM
9 VM
9 VM
11 VM
11 VM
11 VM
1 NM
1 NM
1 NM
3 NM
3 NM
4 NM
5 NM
5 NM
6 NM
6 NM