NuusFlits Nuusagentskap produseer nuus vir RADIO, net RADIO


Ons nuus is eerlik en onafhanklik


Meer oor NuusFlits...
  • NuusFlits het in 1995 tot stand gekom. Oor die jare het ons diens Suid-Afrikaanse radiostasies se gewildste keuse geword.
  • NuusFlits het respek vir radiostasies se individualiteit en redaksionele onafhanklikheid. Ons moedig stasies aan om hulle eie plaaslike nuusstories by ons bulletins te voeg, die volgorde van bulletins te verander, en stories wat nie vir hulle luisteraars geskik is nie, uit te haal.
  • Ons produseer sewe dae ‘n week nuusbulletins, regdeur die jaar, behalwe op Kersdag. NuusFlits se naweekbulletins bevat heelwat nuus oor die naweek se sportbyeenkomste. Groot nuus moenie vir geskeduleerde nuusbulletins wag nie, en “nuusflitse” is ‘n belangrike deel van ons diens.
  • NuusFlits se weekdag nuusbulletins bevat almal die jongste Rand/Dollar wisselkoers, die Rand/Euro, Rand/Pond, die goudprys en die prys van Brent ru-olie.
  • Ons glo dat nuusbulletins nie net slegte nuus moet weergee nie, maar ook die positiewe of snaakse kant van die lewe moet weerspieël. Ons probeer byvoorbeeld altyd om die bulletin af te sluit met ‘n snaakse “en ten slotte” storie.
  • Ons nuus is objektief en onbevooroordeeld. NuusFlits is onafhanlik en in private besit. Ons trek ook nie sekere provinsies voor nie.

Jongste Bulletins

 Alle NuusFlits nuusbulletins is in Afrikaans en Engels beskikbaar. 
 
 

NuusFlits bulletintye
Maandag tot Vrydag Saterdae Sondae en Openbare Vakansiedae
7 vm
8 vm 8 vm
9 vm 9 vm
11 vm 11 vm 11 vm
1 nm 1 nm 1 nm
3 nm 3 nm
4 nm
5 nm 5 nm
6 nm 6 nm
Om NuusFlits te kontak
Stuur ‘n epos aan editor@newsflash.co.za of skakel 0861 4666 44